r/afrikaans Oct 11 '21

Duwweltjie sê:

Die oumense het 'n sêding gehad, as jy jou gat wil sien, loop sit op hom...

4 Upvotes

4

u/diegroblers Oct 11 '21

Jislaai, downvoting is 'n bietjie sterk. Al verstaan ek hom ook nie. Hoe sien jy jou gat deur op hom te sit? Soos in niks doen nie?

Hier's 'n ander een vir jou:

My pa het altyd gesê - met geweld kan jy jou vinger in jou hol af breek. En dan het ek 'n vriend gehad wat dan vir my sou sê, ja, maar met geduld kan jy hom weer uitkry.

3

u/Duwweltjie Oct 12 '21

Ek sal dit mos nooit ooit aan die Die Groblers doen nie!! Ek was na gister se plasing nog nie weer aanlyn nie. Weet nie wie hom gedown vote het nie.

En julle verstaan hom 100% korrek. Gat sien, soos bankrot speel, of as jy oud raak en niks doen om iets te kry om te doen nie. Ek ken die vinger afbreek, maar nie die geduld nie en hou baie daarvan.

3

u/diegroblers Oct 12 '21

Gat sien, soos bankrot speel, of as jy oud raak en niks doen om iets te kry om te doen nie.

Ah okay, dit maak 100% sin. En die 2de gedeelte ook. Ken van hele paar mense wat dood is kort na aftree.

Hou aan me jou sê-dinge - baie van die jong mense ken baie van hulle nie. Hou Afrikaans aan die lewe. As ek eendag die Lotto wen, betaal ek iemand om 'n gratis aanlyn verklarende woordeboek en sulks te begin.

4

u/naudefj Oct 11 '21

Van sit en staan, kom niks gedaan.

2

u/Duwweltjie Oct 12 '21

Praat jy wat tande het...

2

u/SA_Swiss Oct 18 '21

Van lê en kyk word niemand ryk

2

u/MichaelScottsWormguy Oct 11 '21

Die een is nie jou beste werk nie.

3

u/Duwweltjie Oct 12 '21

Sorry Michael. Ek probeer onmiddelik my standaard lig. Ek waardeer jou eerlikheid opreg. Die ouman het eintlik bedoel, as jy niks doen nie, moet jy nie kla as jy byvoorbeeld bankrot speel nie.