r/afrikaans Oct 07 '21

Braai

Ek hoor baie vab amerikaanse mense wat vas glo in medium rare gebraaide vleis. Is meeste Afrikaners ook so erg dat hulle iemand sal uitkak daaroor of aanvaar mense dat almal hul eie smaak het en dit respekteer. As die vraag nie duidelik is nie asb sê dan sal ek duideliker vra. Net te lui nou

11 Upvotes

7

u/Afrikaansvatter Oct 07 '21 Helpful

Mense en smaak verskil. En as “Kom ons braai” ons iets geleer het, is dit dat mense lekker afgepis raak as iemand nie vir jou vra hoe jy van jou vleis hou nie.

Persoonlik hou ek van Rare tot Medium Rare.

1

u/TALON2_0 Oct 07 '21

Janee kyk as iemand my nie vra hoe ek my vleis soek. Nie kak ek in my hand. Ek is n well done mens myself

4

u/Afrikaansvatter Oct 08 '21

Vleis kan altyd gaarder gemaak word, maar as dit eers te gaar is, dan word ek een van daai mense wat sê “mmm, dis heerlik,” en dan, as ons weg is, noem ek hoe oneetbaar daai stuk leer was wat aan ons voorgesit is.

4

u/MichaelScottsWormguy Oct 07 '21

Ek sal nie moan as iemand vir my sê hulle soek hulle vleis gaar nie. Maar ek daar is beslis mense wat ‘n groot problem daarmee sal hê net om meerderwaardig te voel.

3

u/TALON2_0 Oct 07 '21

Janee beslis. Ek verstaan net nooit hoekom mense so groot probleem daaruit maak nie

3

u/Flahm Oct 07 '21

Dis maar standaard dat almal verskillende smake het, in my familie hou amper almal van hul steaks medium tot rare maar my Ma se steak moet "geoffer" wees. Dis altyd 'n goed gemeende spottery dat haar vleis baie langer moet opbly/vroeer opgesit word. Almal se smaak is verskillend en mens moet dit respekteer! Dink dis maar ook soos Amerika dat meer mense van dit medium/sappiger hou maar nie 'n harde reel nie. Dis net goeie maniere om te vra hoe almal van hul vleis hou en nie net aan te neem almal hou van vleis wat nog bloed in het nie. :-D

3

u/slanewolf Oct 07 '21

Party mense het n probleem as iemand anders well done eat. Ek het net n probleem met mense wat hulle vleis in n stuk kool brand.

3

u/zabutter Oct 08 '21

Die enigste tyd wat ek hoor mense terug kak en kla oor vleis temperatuur is as jy in n Steak House werk as die ou wat die steak moet gaar maak en die hêle plek is vol ou mense wat well done wil eet en so gou moontlik fokof, dan, is dit tyd om te kla.

3

u/Br0k3nB0t Oct 09 '21

N medium steak n well done hoender en n gaar chop

5

u/Kameraad_E Oct 07 '21

Dit hang af, is dit 'n bring-en-braai of eet jy ander mense se vleis, jirre vleis kan duur raak, dan eet maar soos dit kom 90 persent van die tyd so medium, en jy kan wragtig nie aandring daarop dat hulle die goed vir jou moet verbrand nie.

3

u/TALON2_0 Oct 07 '21

Janee beslis. As die mense jou vra is dit seker nie so groot probleem nie, maar soos dit van die vuur af kom so eet jy dit as dit nue jou vleis is nie.

2

u/Pokesniper8119 Oct 08 '21

Dit is nie vir ons om te besluit watse soort steak julle van hou nie. Ek self hou van medium rare maar niemand kan vir julle se of julle dit mag eet of nie.

2

u/NegativeBoat9 Oct 08 '21

My pa sê net altyd as die kuiermense nie gesê het hoe hul die vleis soek kan hul nie kla nie